Leer getalle 0-10 en oefen fynmotoriese vaardighede

R5,00

Oefen getalle met leerders op ‘n prettige en praktiese manier.  Ek het die nommers met my dogtertjie geoefen deur die volgende maniere te gebruik:

  1. Ons het gompapier gevat en in stukkies geskeer en geplak op die nommer. Deur papiere te skeur oefen mens die spiere in hulle vingers (fynmotoriese vaardigheid).
  2. Sy het ‘n oorstokkie in verf gedruk en dit gebruik om die syfer te maak. Ek het vir haar ‘n patroon met 3 kleure langsaan gedruk en dan het sy die patroon op die syfer gedruk. So oefen sy haar fynmotoriese vaardigheid en sy leer van patrone.
  3. Plakkers: Ek het vir haar ‘n patroon met 2 kleure met ronde plakkers geplak en dan het sy die patroon op die syfer geplak.

Mens kan ook ander metodes gebruik soos plak van “pom-poms”, springmielies, pasta, knope ensovoorts.

Die kinders leer dan op ‘n praktiese manier hoe elke syfer lyk en die hoeveelheid wat dit voorstel.

Share with friends :

Scroll to Top
My cart
R15,00