“Bome en Plante -Graad R” has been added to your cart. View cart
Leer getalle 0-10 en oefen fynmotoriese vaardighede
R5,00
Oefen getalle met leerders op ‘n prettige en praktiese manier. Ek het die nommers met my dogtertjie geoefen deur die volgende maniere te gebruik:
- Ons het gompapier gevat en in stukkies geskeer en geplak op die nommer. Deur papiere te skeur oefen mens die spiere in hulle vingers (fynmotoriese vaardigheid).
- Sy het ‘n oorstokkie in verf gedruk en dit gebruik om die syfer te maak. Ek het vir haar ‘n patroon met 3 kleure langsaan gedruk en dan het sy die patroon op die syfer gedruk. So oefen sy haar fynmotoriese vaardigheid en sy leer van patrone.
- Plakkers: Ek het vir haar ‘n patroon met 2 kleure met ronde plakkers geplak en dan het sy die patroon op die syfer geplak.
Mens kan ook ander metodes gebruik soos plak van “pom-poms”, springmielies, pasta, knope ensovoorts.
Die kinders leer dan op ‘n praktiese manier hoe elke syfer lyk en die hoeveelheid wat dit voorstel.
Categories Graad 1 - Kwartaal 1, Graad R
Tags fynmotoriese vaardighede, getalle, syfers