Prentebespreking: Vakansie by die see πŸŒžπŸ–οΈ

R10,00

Die prent kan gebruik word vir ‘n prentebespreking. Die grootte van die muurkaart is A3. Vra vir die leerders vrae oor die prent en bespreek die prent met hulle. Hieronder is ‘n paar voorbeelde:

  • Waar is die kinders?
    Hulle is by die strand.

  • Wat doen die seun met die rooi pet?
    Hy vlieg ’n mooi kleurvolle vlieΓ«r.

  • Wat bou die meisie met die twee vlegsels?
    Sy bou ’n sandkasteel met haar emmer en graaf.

  • Wat doen die kinders in die water?
    Hulle swem en speel in die see.

  • Wat eet die meisie onder die sambreel?
    Sy eet ’n stukkie waatlemoen.

  • Wat staan op die rots?
    Daar is ’n seemeeu wat staan en kyk.

  • Watter ander dinge kan jy sien?
    ’n Strandbal, ’n groot rooi en wit sambreel, ’n son en ’n krap.

  • Hoeveel kinders is daar by die strand? Daar is 5 kinders by die strand.

Die watermerk oor die prent sal verwyder wees wanneer die produk aangekoop is. Die prente wat in die produk gebruik is word beskerm deur Kopiereg en dit is gemaak deur Chirp Graphics.

Share with friends :

Scroll to Top